Dis nou hoe n Blou Bull se huis moet lyk!

Blue Bulls

<%DIGG%>
Share This

Related Posts:

  • Oom Louis se Blou Bull Huis
  • Oom Louis se Blou Bull Huis
  • Oom Louis se Blou Bull Huis
  • 630 Responses to “Dis nou hoe n Blou Bull se huis moet lyk!”

    Pages: [1] 2 3 4 5 6 7 8 9 10 1163 » Show All

    1. 1
      Mega Says:

      Ek dink ek het in Silverton, Pretoria so huis gesien. Party mense is nogals erg oor die rugby…

    2. 2
      Louisn Says:

      Mega,

      Na die beste van my wete staan hierdie huis in Danville in die weste van Pretoria.

      Ja die manne hier rond raak begeester. Ek sien nou die dag ‘n bakkie met ‘n enorme blou balsak wat ritmies tussen sy agterwiele wieg.

    3. 3
      Louisn Says:

      CONFESSIONS OF A BLUE BULL SUPPORTER

      Ek en Frans roep die enkle geleenthede in die herinnering toe ons mekaar hier op einste Loftus raakgedrink het. Suppliers wat ‘n deal wil deurhaak nooi jou Loftus toe; trakteer jou op biltong en booze, en kroegmeisies met lae halse en ferm boudjies, maar ek en Frans ken die reëls, cleavage en skoorsoek rym nie, of is dit nou alleterasie of assonansie? Anyway hierdie kernbegrippe is skrikwekkend naby aan mekaar. Yes, ‘n koue skouer en weeklange emosionele snotklap vir ‘n klam lyf is dalk jou ergste lot as jy mammie weer sien, maar parfuum aan jou lyf, hei ouboet, dis ‘n waardige sinimiem vir die donkerste hel van die eerste lewe binne die geslotenheid van die heilige eg. Nederige beantwoording van onophoudelike vrae met oorbekende antwoorde sal jou eensaam lot wees vir die res van jou heteroseksuele lewe. Ons troos onsself by die berusting dat kyk nie sonde is nie, en die wit toppie en die misterieuse swart ragfyn kouse van ‘n metgesel bly in die oog. Sakkie, ons waardeer jou fyn waarneming, maar is jou kommentaar by Frans se foto: “rokjagter?” nie dalk so bietjie ‘n wye draai nie? Waar is jou logika Sakkie? Dink jy nie vir ‘n vlietende wyle soos die Evasgeslag nie? Ek dink onwillekeurig aan die wysgeer Prof PS Dreyer se inspirerende lesings in Logika. Alle honde eet vleis. Vlekkie is ‘n hond. Dus Vlekkie eet vleis. Vlekkie, jou hond!

      Ontroue eggenoot

      Alle honde eet vleis
      Vlekkie is ‘n hond
      Dus: Vlekkie eet vleis
      Vlekkie jou hond!
      Die spel in die mik
      is eenmaal mik
      Jy’t my gekruisig
      jou bliksimse bok
      die vlekkie op jou voorkop
      skik tot ‘n haarfyn kruisie
      Rowland Ward
      lyk dit my

      Julle sal merk dat ek relatief minder mooi goed oor die manne sê. Sien, my pad het net eenkeer met ‘n m..fie gekruis, en vergun my ‘n kort verduideliking. Jare gelede, voordat ek myself in die heilige eg verbind het, het ek gereeld in die Mmabatho Sun oornag. Daar het die allermooiste blonde meisie saans in die eetsaal klavier gespeel, en ek het gereeld vir haar requests op ‘n servet geskryf, met ‘n gepaste pennevruggie onderaan, en dit via die waiter aangestuur. Langtermynbelegging, so het ek gedink, en kort voor lank het goeie vibes oor my kinderlike gebaar sigbaar geword. Sy het my versoeke meesterlik vertolk en bepaalde aspirasies by my aangewakker. Ek was aan die aansterk na ‘n massiewe liefdesteleurstelling tydens die 1976-onluste en enige aandag van die skoner geslag het my siel deur die donker moeras getrek. Een aand, toe ek reken die tyd is nou more or less reg, het ek eers die versie sorgvuldig in my kamer geskryf voordat ek gaan eet het, en ook eers so ietsie ligs in die lounge langsaan gedrink. Tusen die lounge en die eetkamer is ‘n mooi room divider, jy sien nie veel wat anderkant aangaan nie, maar jy hoor die pragtigste suiwer klaviermusiek bo die versperring uitstyg wat selfs siellose mense ontnugter. Die einde van die boodskap op die servet was meer duidelik dié keer, iets soos:

      “Thy magic fingers touch a lonely heart at loom
      so tender, gentle as the first touch of the groom

      …..I invite thee…
      to have a drink with me…

      Trust thou the motive of a humble man…..
      Cometh as swiftly as thy can”

      Rustle of spring se verruklike soet doudruppels het die soel aandlug gevul, en ek het solank die mooi toegevoude servet met die boodskap aangestuur met ‘n versoek vir my gunsteling song, Remembrance, gevolg deur die skepping hierbo. Maak haar hart week voordat sy my rysige gestalte na ‘n week van kinderlike verlange weer sien. Anyway, Rustle of Spring se aangrypende slotoktawe word in overdrive gesit en vorm saam met Remembrance se soet opening ‘n orgasmiese eenheid, en sonder komma of punt, of enige beduidenis van ‘n aarseling word die soetste gekombineerde melodie opgetower. Die grand finale is aangrypend mooi met ‘n ondefinieerbare, half dwingende sensuele ontertoon. Hel, sy dink dieselfde… haar song sê dit! Ek hoor hoe die swart Steinway se deksel grasieus toegemaak word. Interval. Die meisie met die siel en lae hals kom die beloofde drink saam met die maplotter wat sy lyf cassanova hou geniet.…. Ek memoriseer die mees eksotiese cocktails se name…..Marguerita, Harvey Wallbanger…., ek dink aan die reuse palms buite langs die swembad…. Bliksim ouboet, vanaand is die aand van welverdiende rentmeesterskap, maar die best-fit scenario wat ek ‘n week lank in my gedagtes vertroetel het, het toe so ietwat anders geëindig. ‘n Statige m.f in ‘n aandpak se swaaiende pinkie en blink gesig verskyn bo die room divider tussen die lounge en die eetsaal, soos wat hy paraat opstaan vir sy missie, en vir ‘n oomblik lyk dit asof hy die swart Steinway wil soen. Ek ontwikkel blitssnel ‘n taktiese p.s, en verwyl die res van aand dankbaar voor die TV, met ‘n room service hamburger en ‘n paar doubles. Coert Steynberg se rooibokkie luister sy hart uit.

      Coert se bokkie

      Brons gee kleur en metafoor
      drie dekades reeds op ‘n hard disc gesave
      met ‘n backup in Braille om dié grootsheid
      sonder kastrasievrees te voel
      te lees as vlesige knoppies, soos gister
      Coert se bokkie die bronstige een met die
      soepel lyfie gee kleur
      gee metafoor
      gee memories
      Langs hom is voltes
      en holtes
      oor en oor gedefinieer
      …het fyn ondergoedjies tartende patrone, wieg
      en reliëf op kleurvolle dun deurvatlap afgesoen
      So het Coert se bokkie
      geluister en in my hard disc kom lê
      langs die vleesmonoloog se ander
      empatiese luisteraar: ma se Tupperware kosblik
      So het ook my brood en stroop
      begerig vars gebly

    4. 4
      RC3 Says:

      Sjoe LouisN, ek lees gewoonlik vinnig, vat net hier en daar n woord, maar jou stories forseer my om elke woord raak te lees. Maar die reward is so groot dis die moeite werd !

    5. 5
      RC3 Says:

      LouisN, wat betref jou “rysige gestalte”. Ek neem aan dis kante toe, want jy is nie baie lank nie ?

    6. 6
      Louisn Says:

      Thanks RC3

      Sorry ek het die punchline van die LOFTUS reunie uitgelaat:

      Geagte Vriende, kom ons fokus op die felste realiteit van die aand: die twee susters, glo 11 maande uitmekaar gebore, maar saam met ons matriek geskryf. Inceadibly beautiful. What more can we say. Bliksim, die genetiese motbolle wat hulle varsgehou het moet gepatenteer word. Met daai resep sal mens kan geldmaak. Ek twyfel of hulle reeds facelifts en dies meer gehad het. Anyway, who cares? Skaar jou by die voor-die-handliggende werklikheid en los die debat oor die veroorsakende faktore vir die akademici. In alle billikheid en objektiewe redelikheid ouboet, hulle is pragtig aangetrek, een in swart, die ander in ‘n noupassende donker langbroek en wit toppie, een van daai asembenemende skeppings wat van eksotiese sagte, sensuele en effens blinkerige deurvat-materiaal gemaak is. Seker iewers in Sandton in ‘n duur boetiek gekoop. Ek en Attie tob oor die strukturele onderbou al dan nie van die wit toppie, maar seamlesness en gewoon géén aanduiding, reliëf, streppie of derglike clues maak een van ons se hipoteses seker nie. TT Cloete, waar is jou plooilose nerfeuse woorde! Ons tob oor regverdigheid, die vermanings van die Skrif, Hooglied, beproewing bokant jou vermoëns, die vae moontlikheid van ‘n tweede kans op ons ouderdom en derglike ernstige hereroseksuele aangeleenthede. Meteens dank ek die Vader dat my pa sy hele lewe lank ouderling was; dat hy my die waardes wat binne die eng grense van die heilige eg vereis word, en soms genadeloos afgedwing word, vroeg in die lewe reeds aangeleer het.

    7. 7
      Louisn Says:

      Nogal nie,

      Ek is ses voet ses en weeg 135 kilogram. Ware verhaal.

    8. 8
      RC3 Says:

      onse aarde

    9. 9
      Louisn Says:

      Impromptu in A mol vanaf Bloubulland

      Ter wille van rymdwang en ander hindernisse spreek ek al julle meisies as een (enkelvoud) aan.

      Meisie met die metafore

      Meisie, jy’s vol metafore
      van kop tot toon vol metafore

      Jou sjampoe lok my deur ‘n somertuin
      waarin ek roek’loos kyk maar één blom sien

      Jou oë toor my lam, ek kom
      nie nader as ‘n haasbekvers

      Jou stappie laat my ook wandel
      op soek na nog ‘n metafoor

      wat ek, half skugter, in
      ‘n lentebloeisel vind

      en droom hoe jy dié wonder
      met jou helder oë

      in my gemoed en
      seninglyf sien bot

      Grappie, hierdie was ’n opdragstuk, versoek deur deur my 15-jarige wat ’n meisie wou beindruk.

      Anyway girls, julle teenwoordigheid op die blog is inderdaad ‘n ligpunt.

    10. 10
      jenny muller Says:

      Pragtig, Louisn, pragtig! Jy laat my weer jonk voel! Laat die ander “Marsmanne” by jou leer!

    Pages: [1] 2 3 4 5 6 7 8 9 10 1163 » Show All

    Leave a Reply

    You must be logged in to post a comment.


    Close
    E-mail It
    Socialized through Gregarious 42